fbpx
Skip to main content
Ons is opgewonde om te sien hoe God elke gelowige opbou tot dienswerk sodat die gemeenskap Christus kan beleef.

Rots-Sakevennote bemagtiging

Wat is 'n Christelikke sakeforum?

’n Samekoms en netwerkplatform vir Christene in die besigheidswêreld — ’n plek waar sakepersone byeenkom om:

  • Geloof en besigheid te verbind: Deur Bybelse waardes en beginsels prakties in hul ondernemings en werk toe te pas.

  • Wysheid, kennis en geleenthede te deel: Sodat elke lid kan groei — professioneel én geestelik.

  • Ondersteuning en verhoudings te bou: Waar daar nie net oor wins en sukses gepraat word nie, maar ook oor roeping, integriteit, innoverend en diens aan die gemeenskap.

  • God te verheerlik deur besigheid: Sodat elke onderneming ’n instrument kan wees vir Koninkrykswerk.

Sluit by ons aan vir ons volgende netwerkgeleentheid – waar geloof en besigheid ontmoet.